Blog

Goud - Nou beskikbaar

"Na vele liedjies geskryf, honderde ure se voorbereiding, bloed en sweet in die ateljee, is dit uiteindelik hier: GOUD. Die geboorte van die 'nuwe' ADAM het ‘n nuwe “look”, liedjies en klanke die lig laat sien! Ons 13 gunsteling liedjies uit eie pen is vasgevang in wat ons beskou as ons heel beste werk nog!"

Goud

Daar is opwindende dinge aan die gebeur by ADAM. In Januarie het Kyle Grant by die groep aangesluit en dadelik by die ritme van ADAM aangepas. Die drie manne, Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle Grant, het sommer groot planne om ADAM vanjaar tot n hoogtes te neem. Hierdie groep wat nou amper vier jaar bedrywig is, het reeds in 2011 gewys dat die mark honger is vir 'n groep van hulle kaliber toe hulle 'n Ghoema Toekenning gewen het as Beste Nuweling.

Sal Oorlog Vir Jou Maak

Ons eerste single, geskryf vir die fliek "Pad Na Jou Hart".

Lirieke beskikbaar op YouTube

FILM FOOTAGE "Pad Na Jou Hart"
deur The Film Factory en Memory Box Productions.

Huisgenoot: En die wenner is...

Die geheim kan eindelik verklap word: Kyle Grant is die gewilde mansgroep ADAM se nuwe lid.

Dié Albertonner, ’n voltydse sanger en danser, sluit eersdaags aan by die groep se ander lede, Reynardt Hugo en Hugo Ludik; hy vervang Joe Foster, wat die groep verlede jaar verlaat het om aan 'n sololoopbaan te werk.

“Dit voel goed om mense eindelik te sê,” vertel Kyle opgewonde. “Dis die grootste geheim wat ek nog moes bewaar.”

Reynardt en Hugo borrel ook oor van opgewondenheid.

Pages