Biografie

Adam is steeds op koers.

Daar is opwindende dinge aan die gebeur by ADAM. In Januarie vanjaar het Kyle Grant by die groep aangesluit en dadelik by die ritme van ADAM aangepas. Die drie manne, Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle het sommer groot planne om ADAM vanjaar tot nog hoër hoogtes te neem. Hierdie groep wat nou amper vier jaar bedrywig is, het reeds in 2011 gewys dat die mark honger is vir ’n groep van hulle kaliber toe hulle ’n Ghoema Toekenning gewen het as Beste Nuweling.
Hugo Ludik sê die groepsdinamika is van besondere belang en hulle voel sommer baie tevrede met die keuse van Kyle as die nuwe lid. Toe hy ’n paar jaar gelede begin speel het met die idee van ’n nuwe groep wat uit drie mansstemme bestaan, het hy vir Reynardt nader gehark en toe het die soektog na ’n derde lid begin. Een van die musikante wat hulle genader het om deel van die groep te word, was juis vir Kyle. Hugo het ’n paar jaar vantevore saam met Kyle aan ’n vertoning gewerk, en hy het gedink dat die talentvolle musikant goed by hulle groep sal inpas. Op daardie tydstip het Kyle pas begin met ’n oorsese toer van die musiekblyspel High School Musical. Hy was dus nie dadelik beskikbaar nie en toe was dit neusie verby vir hom. Nadat Joe Foster aan die einde van 2013 besluit het om sy sololoopbaan sy eerste prioriteit te maak, het daar meteens weer ’n geleentheid opgeduik en die slag het Kyle dit aangegryp. Kyle beskryf die eerste oomblik wat hy saam met die ander twee manne van ADAM gesing het as ’n “heilige oomblik”, juis omdat hulle stemme so goed bymekaar pas.

Nog ’n hoogtepunt vir ADAM is hulle verskyning in die fliek Pad na jou hart wat beslis ’n lokettreffer gaan wees. In een van die tonele in die fliek sing Adam hulle nuutste treffer, “Sal oorlog vir jou maak.” Hierdie snit se klank verskil so ietwat van die ander lekker Afrikaanse popmusiek wat hulle sing. Dis popmusiek met ’n folk inslag wat ’n mens laat dink aan die musiek van Mumford and sons. Dié liedjie is deel van verskeie radiostasies se speellys en word baie goed ontvang. Alhoewel Joe nog as lid van ADAM in hierdie rolprent te sien is, verskyn Kyle in die amptelike musiekvideo en dis duidelik dat hy uitstekend inpas by hierdie span. Alhoewel “Sal oorlog vir jou maak” ’n effens ander klank het, belowe Hugo dat ADAM nie sommer sal verander aan hulle klank nie. ’n Mens verander tog nie aan ’n wenresep nie!

Reynardt is steeds Dr. Tertius Jonker in Binneland en in die week is hy elke dag daar bedrywig. Hy en Hugo skryf die meeste van ADAM se musiek self en dis vir hulle baie lekker om mekaar as klankbord in die skryfproses te gebruik. Dit gaan nou ook goed wees om Kyle se insette te kry. Kyle het homself bewys as uitstaande akteur, sanger en danser in verhoogproduksies soos Chess – The Musical, Sunset Boulevard, Hairspray, Dirty Dancing, en Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Hy het ook in 2009 die rol van Schalk, in Egoli vertolk. Hugo bestee baie tyd aan die skryf van nuwe musiek. Hy is ook aktief betrokke by die platemaatskappy Luisternet en help jong kunstenaars om ’n hele pakket bymekaar te sit waarmee hulle dan hulself aan ’n platemaatskappy kan bemark.
Daar wag opwindende dinge later in die jaar. Die drie is reeds aan die skryf aan hulle derde album. Alhoewel hulle droom van ’n DVD, wil hulle hê ADAM se musiek moet eers by die mense uitkom, en hulle sal dus weer vanjaar die land van noord tot suid deurkruis om oral musiek te maak. In April vanjaar open hulle vir die groep Air Supply wat na Suid-Afrika kom vir drie vertonings. Later vanjaar is ADAM ook weer deel van Huisgenoot Skouspel by Sun City, en in die Kaap.
“Toe ons in 2010 begin het met hierdie droom, het die meeste mense dit afgeskiet en gesê daar is nie plek in die Afrikaanse musiekbedryf vir so ’n groep nie. Ek en Hugo het nooit gedink dit gaan so uitdraai nie en ons voel baie geseënd. Ons missie van die begin af was bloot om net goeie Afrikaanse musiek te maak. Ek dink ons het dit reggekry. Dit en veel meer,” sê Reynardt en die ander twee manne knik instemmend.

Adam - on their way.....
There are exciting things happening for the group ADAM. During January 2014 they introduced their new member, Kyle Grant, to the public, media and their fans. He immediately found his rythm within this very popular pop group. The three members, Reynardt Hugo, Hugo Ludik and Kyle Grant have big plans to take ADAM to bigger heights this year. The group first hit the music scene during 2011 and proved that the market wanted more of them when they won a Ghoema award as best new group in the Afrikaans music industry.
Hugo Ludik says that dynamics within a group is very important and they are very satisfied with their choice in Kyle Grant as their new memeber. When Hugo started playing with the idea of a new group with male voices, he involved Reynardt and then they started searching for their third member. One of the musicians that they approached was Kyle. Hugo worked with him in the past on some shows and he thought that Kyle would fit perfectly into the group. Unfortunately Kyle just started his overseas tour with the High School Musical production and was not immediately available. After Joe Foster left the group at the end of 2013 in order to persue a solo career a new opportunity for a third member opened and Kyle jumped at the opportunity this time round. Kyle descirbes the first moment that he sang with Reynardt and Hugo as a “holy moment”, especially because their voices blends together so well.
Another achievement for ADAM is their appearnace in the block buster movie Pad na jou hart that opened in theatres on 14 February 2014. In one of the scenes they perform their latest hit single, “Sal oorlog vir jou maak.” The sound of this single differs a little bit from the orignal pop music that they sing. This is more a pop music sound with a folk undertone and reminds of the music made by Mumford and sons. This song is currently charting on radio hit parades nationwide. Althoug Joe still appears as a member of ADAM in this movie, Kyle appears in the music video that was released and it proves that he fits perfectly into this group. Although the song does have a bit of a different sound, Hugo promises that ADAM will not change their sound and they will not mess around with a success recipe.

Reynardt is still Dr. Tertius Jonker in Binneland and spends his time on set during the week. Hugo writes most of ADAM’s music but they use one another as sound boards in the writing process. Kyle’s input will be welcome. Kyle proved himself as a outstanding actor, singer and dancer in stage productions such as Chess – The Musical, Sunset Boulevard, Hairspray, Dirty Dancing, and Stuur Groete aan Mannetjies Roux. He also played the role of Schalk in Egoli during 2009. Hugo is also actively involved with the record company Luisternet Musiek and helps young and upcoming artists to put packages together with which they can market and introduce themselves to record lablels.
An exciting year awaits this group. They are currently writing songs for their third album due for release later in 2014. Although they dream of a DVD, they want ADAM’s music to reach more people first and they will be touring throughout South African again this year. They will be opening for the group Air Supply in April this year, when this world famous group tours South Africa and they will also perform at Huisgenoot Skouspel and Huisgenoot Skouspel Plus later in the year.
“When we started this dream in 2010, most people shot us down and said there is no place in the Afrikaans music industry for a group like us. We are very blessed that they were all wrong! Our mission from the beginning was to make quality Afrikaans music. I think we managed to pull it off and more” says Reynardt and the other two clearly agrees.

www.adamband.co.za

https://www.facebook.com/adamgroep

Twitter: Adamgroep

Platemaatskappy/Record Label:
Luisternet Musiek: https://www.facebook.com/LuisterNetMusiek

Bestuur/Management:
Music Profile Management    https://www.facebook.com/mpmhits

Publisiteit & Bemarking/Publicity & Marketing:
StarburstPromosies: https://www.facebook.com/pages/Starburst-Promotions/118284704962101