Huisgenoot: En die wenner is...

Die geheim kan eindelik verklap word: Kyle Grant is die gewilde mansgroep ADAM se nuwe lid.

Dié Albertonner, ’n voltydse sanger en danser, sluit eersdaags aan by die groep se ander lede, Reynardt Hugo en Hugo Ludik; hy vervang Joe Foster, wat die groep verlede jaar verlaat het om aan 'n sololoopbaan te werk.

“Dit voel goed om mense eindelik te sê,” vertel Kyle opgewonde. “Dis die grootste geheim wat ek nog moes bewaar.”

Reynardt en Hugo borrel ook oor van opgewondenheid.

“Sy talent is onmiskenbaar; sy stem en vibe pas soos 'n handskoen by ADAM,” sê Reynardt. “Ek dink Kyle gaan beslis iets nuuts met sy unieke stem bring.”

Hugo voeg by dat Kyle “ongelooflik talentvol, ongelooflik vriendelik, nice, genuine, 'n mens-mens en hardwerkend is.

“En dan’s hy nog 'n ongelooflike sanger ook!”

Om meer van Kyle en ADAM se opwindende planne vir 2014 te lees hou die volgende Huisgenoot dop vir 'n eksklusiewe onderhoud met die nuwe lid.

– Christiaan Boonzaier
(source: http://huisgenoot.com/fokus/eksklusief-adam-se-nuwe-lid-is/)